Pikkewyntjieklas:
13 - 18 maande babas
Hier begin ons woel en beweeg en elke juffrou is deeglik toegerus vir ons Pikkewyntjies. Ons werk 1 fasiliteerder tot 3 babas. Die Pikkewyntjies het hul eie speelarea, weg van die groter kinders. 'n Spesiale speel-en-leer-program word gevolg, wat gepas is vir hul behoefte.