top of page

Verversings 

​

1. U word vriendelik versoek dat u kind daagliks sy/haar dag met ‘n voedsame ontbyt begin, sodat elke aktiwiteit van die dag ten      volle geniet kan word en daarby gebaat kan word.

​

2. Indien kleuters voor 08:00 reeds afgelaai word, kan kos (bv. ontbytpap en melk) saamgestuur word wat hulle dan in die klas         kan eet voordat die dagroetine begin. Kleuters wat na 8:15 afgelaai word, moes reeds ontbyt tuis genuttig het.

​

3. Die kinders geniet deur die loop van die oggend, as deel van hulle klas roetine, verversings. Voedsame versnaperinge soos        toebroodjies, kaas, vrugte, melk of vrugtesap kan saamgestuur word. Mamma jy weet die beste wat jou kleinding eet.

​

4. Junior Akademie is 'n NEUT VRYE SONE.

​

5. Maandae tot Donderdae word slegs gesonde kos toegelaat. Geen gaskoeldrank, kougom of lekkers word op hierdie dae 

    toegelaat nie.  Pak asb. 'n bottel water in vir elke dag.

 

6. Vrydae hou ons piekniek. Dan mag mamma iets lekkers inpak as bederfie. Mamma stuur steeds gesonde kossies ook saam.

bottom of page