
Skoolure en termyn:
Junior Akademie funksioneer weeksdae vanaf Januarie tot Desember
​
JA is oop skole vakansies, behalwe Desember-Januarie vakansie en middelste week van Junie-Julie skoolvakansie.
Die sentrum is gesluit op Publieke vakansie dae asook voorafbepaalde skole vakansiedae wat grens aan 'n publieke vakansiedag. Presiese datums word al aan die begin van die jaar beskikbaar gestel op ons D6.
​
Voldag is vanaf 07:15 tot 17:30.
Geen kleuters kan voor 07:15 afgelaai word nie.
Junior Akademie se Speel en Leerprogram begin 08:30.
​
Halfdag kleuters moet teen 12H00 gehaal word.
Hulle kan egter ook by die sentrum slaap en dan smiddae tussen 13:45 - 14:00 afgehaal word.
Indien halfdag kleuters na 14:00 afgehaal word, sal u 'n middagfooi van R100 gehef word vir die betrokke middag.
Kleuters slaap vanaf 12:00 tot 13:45.
Geen kleuters kan gedurende slaaptyd gehaal word nie.
​
​
