top of page

Ons program

Die doel van die program is om te verseker dat alle kinders onder die ouderdom van vyf jaar in 'n VKO-sentrum voordeel trek uit 'n liefdevolle, veilige en gelukkige omgewing waar hulle kan speel en ontwikkel en wat die grondslag lê vir sukses met die laerskoolkurrikulum.


Ons program (ELDA) gee kinders die geleentheid om op ‘n

hoër standaard en vinniger tempo te ontwikkel; dit word

speel-speel gedoen.  Kinders kry die regte stimulasie in elke

ouderdomsgroep. Junior Akademie se speel-en-leer-

program fokus daarop om deurlopende stimulasie vir ons

kinders te gee.  


Ons het die geleentheid by Junior Akademie om ons kinders tot hulle volle potensiaal te help ontwikkel.  Om ons hiermee te help, moet ons weet wat om van elke ouderdom en ontwikkelingsfase van ons kinders te verwag. 

 

Dit is ons misie dat elke kind as individu op alle gebiede ontwikkel. Om hiermee sukses te behaal, word 'n geïntegreerde geletterdheids-, syfervaardigheids- en leervaardigheidsprogram aangebied. 


​

Oggend program

Junior Akademie Speel-en-Leer Opvoedkundige Program is geskryf om

kinders op ‘n informele manier te leer.  Die program word gebruik  om

elke kind te help om  speel-speel hulle volle potensiaal te bereik. 

Ons glo dat deur “playful education”  leer sal plaasvind. As deel van ons kurrikulum het ons vir oom Roland van Stellenbosch Performing Arts, wat kom musiek aanbied vir ons Bytjies, Hasies, Skoenlappers en Dolfyne. Vanaf 2024 word Robotixkids ook deel van ons Dolfyne se kurrikulum.

​

​

​

 

 

 

 

Middag program

Hoe lekker is dit om middae saam met ons maats te speel. 

Ons fokus op groot motoriese-, fyn motoriese- en sensoriese aktiwiteite

   

​

​

​

​

​

​

​

​

Vakansie-program

Wat is lekkerder as vakansie? Wel, dit kan  vakansie wees by ons. Ons neem dan ook 'n breuk van ons gestruktureerde program. Junior Akademie is oop tydens vakansies, behalwe Desember.  Desember sluit ons saam met WKOD skole. Ons het 'n winter- en somer vakansie-program wat spesiaal vir ons maats uitgewerk word.

​

Buitemuurse Aktiwiteite

Ons het 'n wonderlike span wat  buitemuurse aktiwiteite

aanbied by ons sentrum. Hierdie buite aktiwiteite funksioneer

onafhanklik. Elke aktiwiteit kry aan die begin van die skooljaar

'n geleentheid om 'n demonstrasie les aan te bied. 

Ouers woon nie die demonstrasies by nie. Dit vind plaas in die 

oggende. Sodra belangstelling bepaal is, word 'n rooster via die 

D6 beskikbaar gestel. Aktiwiteite vind soggens plaas en daar 

vind nie meer as een aktiwiteit in dieselfde tydgleuf plaas nie.

Inskrywings vind direk by die verskillende aktiwiteite plaas.

​

* Kinder Kinetika

* Dance Mouse

* Tiny Tennis

* Karate

* Rugby

* Sokker

* Krieket

* Playball

* Monkeynastix

* A+ Students

* Little Readers

* EQ4Kids

* Little Engineers

* Hokkie

​

​

​

​

​

​

​

​

JuniorAkademie66.JPG
JuniorAkademie40.JPG
bottom of page